Tierlelie van Bangkok - Toe die Sade van Wraak Blom - begin wanneer Lily ’n gelukkige meisie is, wat geduur het totdat ’n 'oom' begin het om haar van die ouderdom van 11 af, te mishandel. Sy het skaam en introvers begin word, wat daartoe gelei het dat sy ’n eensame lewe geleef het totdat sy na Bangkok toe getrek het om by die universiteit te studeer.
Haar gedagtes en haar verlede het wel by haar gebly, so na klasse het sy begin uitkyk vir mans wat sy vermoed het as pedofiele en het haar eie eienaardige manier van wraak op hulle uitgeoefen.
Sy het die wraaknemende Tierlelie van Bangkok geword en het die gemeenskap in angs gehad, maar hoe lank kon sy aanhou om die polisie te ontduik en wou sy in elk geval geheimsinnig uitgevang word sodat sy haar storie kon openbaar?
Die outeur, Owen Jones, van Barry, Suid Walles het redelik onlang begin om romans te skryf, alhoewel hy al sy hele volwasse lewe aal skryf. Hy het in verskeie lande gewoon en gewerk en nog na vele meer gereis.
Hy praat sewe tale vlot en is huidiglik besig om Thai te leer want hy woon in Thailand met sy Thai vrou van tien jaar.
"Dit het my nog nooit lank geneem om ’n taal te leer nie" het hy gesê, "maar Thai is glad nie soos enige van die ander tale wat ek al ooit geleer het nie."
Oor sy skryfstyl sê hy: "Ek is Kelities en ons is romanties. Ek glo in reïnkarnasie en vele meer in daardie trant. Die opvattings soos: "Behandel ander soos...' en 'Wat jy saai sal jy maai', die noodlot en Karma is sentraal in my lewe so dit word in my werk weerspieël'.
Sy eerste roman, 'Daddys Hobby' van die reeks 'Behind The Smile: The Story of Lek, a Bar Girl in Pattaya' is deur vir opvolgverhale gevolg, maar sy grootste verameling is 'The Megan Series', agtien novelle oor die psigiese ontwikkeling van ’n jong tiener meisie, waarvan die subtitel, 'A Spirit Guide, A Ghost Tiger and Once Scary Mother! dit mooi opsom.