This image is the cover for the book Eet Minder Leef Langer  U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding

Eet Minder Leef Langer U Praktiese Gids Vir Kalorie Beperking Met Optimale Voeding

Tydens my derde jaar in die mediese skool, het ek op ‘n aanlyn artikel afgekom oor kalorie beperking met optimale voeding. Ek het gelees oor ‘n oënskynlik eenvoudige dieët ingryping wat die gemiddelde en maksimale lewensduur van laboratorium diere soos gis, vrugte vlieë, wurms en muise verleng het. Op daardie tydstip was ek nie bewus dat sulke eksperimente reeds gedoen word op nie-menslike primate ook nie.
Eerlikwaar, ek het afgemaak as nuuskierigheid, ‘n ingryping wat ‘n effek het op eenvoudige organismes soos vrugte vlieë, maar wat nooit op sulke komplekse wesens soos ons sal werk nie. Dit was net te goed om waar te wees.
Tyd het verby gegaan en my verkeerd bewys. Gegewe ‘n vroeë kindertyd fassinasie met die grense van lewens verlenging, het ek ingenieurswese en medisyne gestudeer in ‘n poging om radikale verlengde menslike lewensduur te bewerkstellig. Na ‘n kort rukkie van navorsing oor neurale prostese in ‘n Duitse laboratorium, het ek besef dat kunsmatig ingeplante toestelle binne in die menslike liggaam nie ‘n lang termyn oplossing was nie.
Ek het huis toe gekom waar ek met my mediese residensie in geriatries begin het, die tak van medisyne wat spesialiseer in ouderdom-geassosieerde siektes. ‘n Snaakse ding het toe gebeur. Om te lees oor teorieë van oud word is een ding. Daaglikse sorg vir mense 3 – 4 keer jou ouderdom is totaal ‘n ander ding en ek het begin om die kolletjies te verbind.
Ek het opgelet dat sommige mense verouder soos wyn en ander soos asyn. Volgens hulle maer liggaamstrukture en gedetailleerde lewens stories, het dit gelyk asof kalorie inname iets daarmee te doen gehad het. Dis hoe ek die eerste woorde van hierdie boek begin tik het.
Inhoudsopgawe
Inleiding
•Basiese Beginsels Van Kalorie Beperking Met Optimale Voeding
•Wat U Nie In Hierdie Boek Sal Vind Nie
•Hoe Behoort U Die Boek Te Gebruik?
Minder I

Anca Ioviţă, Marlette Taljaard

Anca Ioviță is ‘n geriatriese internis, boek skrywer en lewens verlengings blogger wie se idee van pret is om te swem, opgevolg met sushi tyd.

Babelcube Inc.